Lodewyk die Vrome 16 April 778 Chasseneuil-du-Poitou – 20 Junie 840 Ingelheim aan die Ryn was 'n koning van die Franke uit die Karolingiese Huis. Hy was die seun van Karel die Grote en het hom in 814 as keiser opgevolg.
Lodewyk het van sy pa die groot Frankiese Ryk geërf waarin die kloosters 'n steeds groter rol gespeel het. Kinders, of liewer: seuns, kry in die kloosters skoling en dit begin om laste op die gemeenskap te lê. In 826 beveel Pous Eugenius II selfs dat nie meer geestelikes gewyd kan word as die gemeenskap kan betaal nie. Lodewyk stel egter Benedictus van Aniane, wie se eintlike naam Witiza was, as sy hoofraadgewer aan. Benedictus is 'n aanhanger van die strengste kloosterreëls van St. Benedictus van Nursia en die asketisme. Hy probeer die kloosters te hervorm en kom daarooor in konflik met Adalhard van Corbie en Haito van Basel, wat Karel die Grote se raadgewers gewees het. Die Sinode van Aken in 817 moet probeer om dit op te los. Lodewyk die Vrome word sterk deur Benedictus van Aniane beïnvloed. Hy probeer selfs die askesereëls op sy eie lewe toe te pas.[1] Lodewyk het in 822 per ongeluk Bernard, die koning van Italie gedood toe hy hom blind het laat maak vir sy wandade teen Lodewyk wat sy oom was. Vir hierdie tragedie het Lodewyk voor pous Paschalis boete moet doen. [2] Hy het berou oor die geweld wat hy voor 821 gepleeg het gekry en begin sy politieke rol ten gunste van die religie te verwaarloos. Dit het kwaaie gevolge vir die keiserryk.[1]